Departement van gesondheid ondersoek moontlike cholera-geval

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla

OOS-KAAP. – Die departement van gesondheid ondersoek ‘n moontlike geval van cholera in Walmer.

‘n Vrou (47) is die week in die Livingstone-hospitaal in Gqeberha opgeneem en vir cholera getoets. Die vrou is stabiel en het nie buite Gqeberha gereis nie. Sy was wel verlede week by ‘n begrafnis.

Die departement is besig om te kyk met wie sy almal in kontak was.

Mense word herinner om gereeld hulle hande met seep te was en om dokter toe te gaan met enige simptome wat naarheid, diarree en dehidrasie. Cholera versprei deur besmette kos en water.

Bronne: IOL, Algoa FM, EWN

Lees ook: Nick Frischke-verdagtes amptelik aangekla