SA se o-19-krieketkaptein David Teeger het niks verkeerd gedoen nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Krieket SA ondersoek SA o.19-krieketkaptein vir pro-Israel opmerkings

GAUTENG. – SA se o-19 krieketkaptein is onskuldig bevind na beskuldigings van haatspraak.

Teeger het tydens ‘n toespraak by ‘n toekenningseremonie gesê: “Ek het die toekenning ontvang en ja, ek is nou die ster, maar die regte sterre is die jong soldate in Israel”.

Die Alliansie vir Palestynse Solidariteit (PSA) het ‘n klag van haatspraak teen Teeger gemaak vir sy “pro-Israel”-aanmerkings.

Die klagtes is deur Krieket Suid-Afrika ondersoek en dit is bevind Teeger het niks verkeerd gedoen nie. KSA het bevind Teeger se opmerkings het nie “volksmoord goedgekeur of aangemoedig nie”.

Dit is ook bevind hy het nie die opmerkings by ‘n kriekettoernooi gemaak nie, maar by ‘n Joodse toekenningseremonie.

Bronne: Daily Maverick, TimesLIVE, EWN

Lees ook: Krieket SA ondersoek SA o.19-krieketkaptein vir pro-Israel opmerkings