Krieket SA ondersoek SA o.19-krieketkaptein vir pro-Israel opmerkings

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Hamas-Israel ruil gyselaars, hoop om skietstilstand te verleng

Krieket Suid-Afrika (KSA) gaan ’n onafhanklike paneel aanstel om die SA o.-19 kaptein David Teeger te ondersoek vir sy pro-Israel opmerkings by ’n toekenningseremonie verlede maand.

Teeger het die Risings Star-toekenning as opkomende ster by die Absa-pryse vir Joodse uitblinkers gewen en het sy prys aan die Israeliese weermagsoldate opgedra.

Die Alliansie vir Palestynse Solidariteit (PSA) het ’n formele klag by Krieket Suid-Afrika ingedien oor Teeger en het gesê hy moet geskors word. Hulle het gesê sy kommentaar was “”uitlokkend en bevooroordeeld”.

Krieket Suid-Afrika het gesê die ondersoek sal vinnig afgehandel word en die besluit oor Teeger sal later bekend gemaak word.

Bronne: EWN, Daily Maverick, News24, The Africa

Lees ook: Hamas-Israel ruil gyselaars, hoop om skietstilstand te verleng