LUR bekommerd na twee beweerde verkragtings by skool

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG, GAUTENG. – Matome Chiloane, die LUR vir onderwys in Gauteng, is bekommerd oor dissipline by die Hope School (‘n LSEN-skool vir leerders met spesiale behoeftes) in Johannesburg na ‘n tweede beweerde voorval van verkragting.

Steve Mabona sê die departement is bekommerd oor swak dissipline by leerders en ook wanadministrasie.

Die departement is bewus van twee verkragtings wat by die skool voorgekom het. Die mees onlangse was op 26 Oktober toe ‘n gr. 12-seun na bewering ‘n gr. 4-seun by die skoolkoshuis verkrag het.

Op 14 Februarie vanjaar het ‘n gr. 9-seun na bewering ‘n gr. 8-meisie verkrag.

Mabona sê die seksuele aanrandingsake is by die polisie aangemeld en leerlinge is dienooreenkomstig geskors. As voorsorgmaatreël is reëlings getref sodat die matriekleerling wat na bewering by die een voorval betrokke was, ongeag die ondersoek steeds sy eksamen by ‘n ander skool kan skryf. Die departement is in kontak met ouers van al die leerders wat geaffekteer is en gee ook nodige ondersteuning.

‘n Leerder sterk steeds tuis aan nadat hy op 14 September ernstig beseer en gehospitaliseer is, nadat ander leerlinge met sy elektriese rolstoel gepeuter en hy daarna beheer oor die stoel verloor het. Dit het buite skool-ure plaasgevind. Dissiplinêre stappe is teen die leerders wat betrokke was, geneem.

Tydens nog ‘n insident het ‘n leerder daggakoekies skool toe geneem en met ander leerders gedeel. Agt leerlinge is positief vir dwelmgebruik getoets terwyl die leerder wat die koekies verskaf het, geskors is.

Die vorige skoolhoof was vir verskeie klagtes aangekla. Sy is deur die Onderwys Arbeidsverhoudingeraad vrygespreek. Die departement werk tans om ‘n oplossing te vind om die skoolhoof se terugkeer te verseker en om die skool effektief te laat funksioneer.

Mabona sê ‘n ondersoek in samewerking met die polisie sal na al die insidente gedoen word om sodoende individue aanspreeklik te hou.

“We are hopeful the police will handle these cases with the sensitivity they deserve.”

Personeel, leerders en ouers word aangemoedig om insidente aan te meld sodat die nodige ondersoeke gedoen kan word.

“We strongly condemn all acts of misconduct, which seek to undermine the dignity of our learning institutions. Therefore, we are hopeful that this investigation will assist to uproot instances of ill-discipline and maladministration. Schools are urged to enforce their codes of conduct to deal with disciplinary matters, and learner ill-discipline will not be tolerated in our schools. The Department relentlessly appeals to parents and school staff to work together in an effort to educate our learners within a conducive environment at all times. In some instances, learner ill-discipline is easily necessitated by what is happening in the learner’s environment. As such, if teachers don’t respect each other, this might enable learners to misbehave,” sê LUR Chiloane.

Bron: Gauteng Onderwysdepartement

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel