Gevangene sterf na uitbraak van witseerkeel by Pollsmoor-tronk bevestig is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: R492 miljoen om 3 300 soldate teen zama-zamas te ontplooi

KAAPSTAD. – Die gesondheidsminister Joe Phaahla het gister ’n uitbraak van witseerkeel (difterie) by die Pollsmoor-gevangenis bevestig.

Die aankondiging volg na ’n gevangene (19) Sondag oorlede is na hy 2 November positief vir difterie getoets het.

Die departement van gesondheid het gesê alle gesondheidsmaatreëls word gevolg. Altesaam 55 mense is geïdentifiseer wat met die oorledene in kontak was. Agt ander gevangenes is positief vir difterie getoets. Al die pasiënte is tussen die ouderdom van 18 tot 23.

Difterie (witseerkeel) is ’n hoogs aansteeklike bakteriële infeksie van die respiratoriese kanaal. Simptome sluit in ’n seer keel met ’n dik grys membraan wat op die keel en mangsels vorm en geswelde kliere aan die voorkant van die nek.

Bronne: Daily Maverick, The Citizen, News24

Lees ook: R492 miljoen om 3 300 soldate teen zama-zamas te ontplooi