LEES OOK: Polisie en verkeersbeamptes boaan lys van Suid-Afrikaanse omgekooptes, bevind opname
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het die bevindinge en aanbevelings van ‘n onafhanklike paneel oor bestuursake by die instelling aanvaar. Hierdie paneel is in Oktober 2022 gestig ná talle kwessies by die universiteit gestig.
Die verslag het bevind dat die voormalige UK-raad versuim het om die oud-visekanselier professor Mamokgethi Phakeng tot verantwoording te roep. Dit sê dat Sipho Pityana en Babalwa Ngonyama nie die nodige stappe gedoen het om haar kontrak te beëindig nie, ondanks die risiko’s wat haar gedrag vir die UK ingehou het.
Volgens die paneel het Phakeng dreigemente, intimidasie, etniese en persoonlike beledigings tesame met die plasing van ras-aanstootlike materiaal op sosiale media gebruik. Sy het die uitvoerende direkteur vir kommunikasie, Gerda Kruger, onregverdig geskors in stryd met die universiteit se beleid. Van die ander hoofbevindings was magsmisbruik deur senior leiers en Ngonyama wat haarself by bestuursbesluite betrek het. Dit was in stryd met die UK se wetlike en bestuursraamwerk.
Die paneel sê proff. Lis Lange en Loretta Feris se kontrakte is onregmatig beëndig, na die hoogs gepubliseerde sake waarby hulle betrokke was. In Lange se geval is bevind dat Ngonyama haar reg op gelykheid en haar reg om nie onbillik op grond van ras teen gediskrimineer te word nie, geskend het.
Die paneel het verskeie aanbevelings gemaak, insluitend om Ngonyama by regulatoriese owerhede aan te meld, dissiplinêre stappe teen Pheladi Gwangwa in te stel vir die oortreding van die UK se gedragskod; dissiplinêre stappe teen prof. Elelwani Ramugondo in te stel vir die plasing van ‘n ras-aanstootlike boodskap rakende Lange op sosiale media, en dissiplinêre stappe teen dr. Lwazi Lushaba in te stel omdat hy ook die gedragskode oortree het.
Verder het die paneel aanbeveel dat die UK openbare verskonings aan senior bestuurders, insluitend Lange, Feris en Kruger, moet uitreik en die drie van hulle vir die volle regskoste vergoed.
#UniversiteitKaapstad #UCT #Verslag #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: Daily Maverick; News24; eNCA.