LEES OOK: Springbok-groep onveranderd vir kragmeting teen Engeland
KAAPSTAD. – Tekens van uiterste senuweeagtigheid tydens ‘n verkeersstop het die speletjie weggegee vir ‘n “kosafleweraar” op ‘n motorfiets, wie se bestellings na bewering “bankies” van dagga en joints was.
Volgens Wayne Dyason, woordvoerder van Wetstoepassing, het Stad Kaapstad se wetstoepassers Dinsdag op patrolliediens in Table View ‘n kosafleweringsmotorfiets met ‘n nie-funksionele agterlig teëgekom, het gesê.
“Die beamptes het voortgegaan om ‘n verkeersstop te hou en in ‘n gesprek met die afleweraar getree. ’n Boete is vir die verkeersoortredinguitgereik,” het hy gesê. Hulle het egter opgemerk die motorfietsryer toon “tekens van uiterste senuweeagtigheid”.
“Gegewe die omstandighede het die beamptes die operateur se toestemming gevra om ‘n deursoeking van die afleweringsfiets te doen, wat toegestaan is. Binne die afleweringsak is ‘n ander kategorie van verbruikbare items ontdek. Die soektog het 42 klein pakkies dagga aan die lig gebring, wat algemeen na verwys word as “bankies” wat dagga, vier joints en kontant bevat het.” Die verdagte is in hegtenis geneem, na die Table View-polisiestasie geneem en van dwelmhandel aangekla.
#Dagga #Misdaad #Kaapstad #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: TimesLive; SowetanLive.



