Leerders in afsonderlike gevalle ‘siek van straatkos’

Deel hierdie storie / Share this story

Gauteng. – Leerlinge van twee skole in Gauteng is gister in twee afsonderlike gevalle behandel nadat hulle simptome ervaar het nadat hulle na bewering kos van straatstalletjies gekoop en geeët het.

Steve Mabona, die woordvoerder vir die Gauteng-onderwysdepartement, sê volgens inligting is met 22 leerders van Laerskool Tlotlompho in Garankuwa na ‘n plaalike mediese fasiliteit gehaas nadat hulle gisteroggend by die skool siek geword het. Die kinders was naar, het diarree gehad, maagkrampe ondervind en was kort van asem.

Vier van die leerlinge is na ‘n hospitaal geneem. Al die leerlinge is intussen in die sorg van die ouers oorhandig en dié wat in die hospitaal was, is ontslaan.

Mediese toetse is gedoen om die oorsaak van die kinders se ongesteldheid vas te stel.

In ‘n tweede insident het 40 leerders van Laerskool Reimolotswe in Winterveldt ook skielike simptome van naarheid, diarree en hoofpyn ondervind nadat hulle glo “dibombolina” gekoop en geeët het. Hulle is na ‘n plaaslike mediese fasiliteit geneem.

Mabona sê beamptes sal sielkundige ondersteuning by beide skole bied.

Leerders is spoedige beterskap toegewens en skoolbeheerliggame sowel as ouers word gemaan om seker te maak straatverkopers se produkte het nie verval nie en dit aan te meld indien dit reeds het.

“Schools must work jointly with school safety to conduct advocacy to learners on what is deemed to be dangerous.”

Bron: Gauteng Onderwysdepartement

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel