LEES OOK: Die Springbokke is byna R3 biljoen werd
Suid-Afrika se nasionale rugbyspan, die Springbokke, maak nou gereed vir hulle volgende kragmeting in die Wêreldbeker-rugbytoernooi wanneer hulle hierdie Saterdag teen Engeland in die halfeindstryd sal speel. Dit volg nadat die Springbokke verlede naweek in ’n baie taai kwarteindstryd die Franse span met ‘n enkele punt geklop het.
Die span se afrigter, Jacques Nienaber, het gekies om die span onveranderd te laat vir hierdie naweek se wedstryd teen Engeland.
Die komende wedstryd beloof om ‘n kragmeting tussen twee rugbytitane te wees en dit sal ook bepaal wie in die finale wedstryd sal speel. Die Springbokspan het ‘n ongeëwenaarde vlak van ervaring, met ‘n gesamentlike totaal van 895 wedstryde, wat ‘n geskiedkundige mylpaal is vir die nasionale rugbyspan.
Meeste van die spelers in die span het vier jaar gelede in Japan teen Engeland in die eindstryd van die 2019-Wêreldbeker gespeel, toe Suid-Afrika die kampioen was.
Nienaber se onwrikbare vertroue in die span se vermoëns, wat versterk word deur hul uitmuntende vertoning in die kwarteindstryd teen Frankryk, beteken dat Suid-Afrikaners Saterdag ’n naelbytwedstryd kan verwag.
#Springbokke #Rugby #Wêreldbeker #RWC #Afrikaans #Nuus
Bronne gebruik: SABC Nuus; SkySports; Rugby World Cup.



