VSA waardeer ondersoek oor Lady R

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: President het verslag aangaande Lady R onder oë

PRETORIA. – Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het gesê hulle waardeer die ondersoek wat Suid-Afrika gedoen het aangaande die Russiese skip Lady R wat verlede jaar in Simonstad was.

Die VSA het gesê hulle sal saamwerk om vordering te maak in Suid-Afrika en die VSA se gedeelde prioriteite.

Die Amerikaanse ambassadeur Reuben Brigety het in Mei Suid-Afrika daarvan beskuldig dat SA wapens aan Rusland verskaf het en dit op Lady R laat verskeep het.

Verskeie politieke partye het gevra Brigety moet verantwoordelik gehou word vir die disinformasie wat hy versprei het, wat veroorsaak het dat die burgers van Suid-Afrika indirek swaarkry.

President Ramaphosa het gesê daar is geen wapens aan Rusland gestuur nie, maar die volle verslag van die onafhanklike ondersoekspan sal nie openbaar gemaak word aan die publiek nie.

Bronne: eNCA, SABC, Politics Web

Lees ook: Reuben Brigety het weer om verskoning gevra, sê ANC