Lees ook: Russiese ambassade ontken VSA ambassadeur se uitlatings
Die ANC het gesê Reuben Brigety, die Amerikaanse ambassadeur aan Suid-Afrika, het weer om verskoning gevra vir sy aantygings dat Suid-Afrika wapens na Rusland gesmokkel het.
Brigety het Woensdag met die ANC sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, ontmoet by Luthuli-huis na sy aantygings verlede week dat Suid-Afrika in Desember wapens na Rusland gesmokkel het.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor en die VSA staatsekretaris Antony Blinken, het ‘n vergadering gehou waar hulle die voorval bespreek het en Brigety ingeroep het.
Brigety het glo weer om verskoning gevra in daardie vergadering en nog ‘n vergadering sal volg met die ANC se NEC-sub-kommittee vir internasionale betrekkinge.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, SowetanLIVE
Lees ook: Russiese ambassade ontken VSA ambassadeur se uitlatings



