Nakane Lizane (4) is sedert Donderdag 11 Mei 2023 buite sy huis in Wells Estate vermis.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder in Qqeberha, sê die polisie se soektog na die kleuter duur steeds meedoënloos voort. Verskerpte ondersoek in die gebied het nie tot enige positiewe inligting gelei nie. Dit is reeds ‘n week sedert die kleuter se geheimsinnige verdwyning.
Swartkops-polisie, bygestaan deur die K9 soek-en-reddingseenheid, asook die berede eenheid, gemeenskapslede en raadslede, soek elke dag na die kleuter in die hoop om hom op te spoor.
Die polisie doen ‘n beroek op enigiemand wat kan help om klein Nakane op te spoor, of dalk weet waar hy hom bevind, om met speurdersersant Mluleki Mhlangani van GKS-eenheid in verbinding te tree by 079 896 7509.
Alternatiewelik kan die naaste polisiestasie of Stop Misdaad by 08600 10111 geskakel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



