Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun
Die Noord-Wes ANC raadslid wat aangekla word van verkragting en die vervaardiging van pornografiese materiaal het Woensdag in die hof verskyn.
Die saak teen die raadslid is uitgestel tot 26 Junie vir verdere ondersoek en ‘n moontlike borgaansoek.
Die raadslid word aangekla van 11 klagtes verwant aan seksuele misdrywe, insluitend vier verkragting aanklagtes, een aanklagte van seksuele intimidasie en een aanklagte van die vervaardiging van pornografiese materiaal.
Die NPA het gesê nog aanklagtes kan bykom.
Bronne: IOL, OFM, EWN
Lees ook: ANC-raadslid in hegtenis vir beweerde verkragting van tienerseun



