Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring
’n ANC-raadslid van Klerksdorp is in hegtenis geneem na ’n video waarin hy glo seks het met ’n minderjarige seun verlede week op sosiale media versprei het.
Die raadslid (40) is in hegtenis geneem op twee aanklagtes van statutêre verkragting van tienerseuns en een aanklagte van crimen injuria na hy glo foto’s van sy geslagsdele aan een van die seuns gestuur het.
Die crimen injuria-saak is verlede Vrydag by die polisie aangemeld en die tweede saak is Saterdag deur die ouers van twee seuns (albei 15) aangemeld ná die video versprei het.
Die raadslid is uit die ANC geskors en sal ’n dissiplinêre proses deurloop.
Die polisie het gevra die publiek moenie die video verder laat sirkuleer nie.
Bronne: IOL, The Citizen, SABC, DFA
Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring



