Huis slaan aan die brand toe kragtoevoer ná beurtkrag herstel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Huis in Dawnviewrylaan, Redcliffe, KwaZulu-Natal is Maandagoggend grootliks in ‘n brand beskadig, nadat die kragtoevoer ná beurtkrag herstel is.

Reaction Unit South Africa is 10:17 na die adres ontbied. Met aankoms van reaksiebeamptes op die toneel is ontdek dat ‘n deel van die huis in vlamme gehul is.

Die Ethekiwini rand-en-reddingsdienste het kort daarna opgedaag en die brand geblus.

Volgens die huisieienaar het die kragtoevoer net van beurtkrag herstel toe hulle rook opmerk wat by die huis uitkom. Bure het probeer om die vlamme met ‘n tuinslang te blus, maar die brand het vinnig deur die huis versprei.

Geen beserings is aangemeld nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.