Russiese ambassade ontken VSA ambassadeur se uitlatings

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC gaan met VSA ambassadeur vergader oor Rusland wapensmokkelary aantygings

Die Russiese ambassade in Suid-Afrika het die VSA ambassadeur, Reuben Brigety, se uitlatings dat Suid-Afrika wapens na Rusland gesmokkel het, verlede jaar ontken.

Die ambassade het in ’n verklaring gevra hoekom Rusland Suid-Afrikaanse wapens sou wou hê wanneer dit nie die regte tipe of kaliber wapens het nie.

Hulle het bevraagteken hoe so ’n klein hoeveelheid wapens wat Brigety beweer gesmokkel is, ’n verskil sou maak in die oorlog.

Die ambassade het ook gesê dis belaglik dat die VSA sulke aantygings maak wanneer hulle glo Oekraïne voorsien met wapens “vanaf 2014”. Hulle het gevra waarom Brigety niks sê oor die Amerikaanse wapens wat teen Rusland gebruik word nie.

Bronne: IOL, ECR, Mail & Guardian

Lees ook: ANC gaan met VSA ambassadeur vergader oor Rusland wapensmokkelary aantygings