Lees ook: ‘VSA ambassadeur moet geskors word’ – Lindiwe Sisulu
Die ANC gaan die week vergader met die VSA ambassadeur vir Suid-Afrika, Reuben Brigety, oor sy aantygings dat Suid-Afrika wapens na Rusland gesmokkel het in Desember.
Brigety het sedertdien om verskoning gevra, maar het nie die aantygings onttrek nie – selfs na ’n ontmoeting met Dirco waarin hy geen bewyse kon lewer nie.
Die Suid-Afrikaanse regering het sy aantygings ontken en het gesê hulle gaan die week met hom vergader oor die verskil tussen regeringsbeleide en party beleide.
Fikile Mbalula het gesê die party het nog nie gepraat oor die moontlike skorsing van Brigety nie.
Bronne: eNCA, Polity, EWN
Lees ook: ‘VSA ambassadeur moet geskors word’ – Lindiwe Sisulu



