Lees ook: PRHSA dreig met regsaksie oor PDF van De Ruyter se boek op WhatsApp versprei word
Pravin Gordhan het tydens sy getuienis by Scopa Woensdag gesê die voormalige hoof van Eskom, André de Ruyter, het hom nie gevra om ’n ondersoek te begin nie. Hy het gesê die ondersoek aangaande die korrupsie by Eskom is deur De Ruyter begin en hy het eers maande later daarvan uitgevind.
Hy het gesê De Ruyter het hom in die verbygaan vertel van die ondersoek, maar hy het geen besonderhede ontvang nie.
Gordhan het ook gesê hy gaan nie name noem sonder bewyse van hulle beweerde betrokkenheid by die korrupsie nie. Hy het gesê hy is daar oor De Ruyter wat in beheer was van Eskom.
Hy het ook ontken dat hy ingemeng het in Eskom en het gesê sy werk was slegs om seker te maak daar is antwoorde vir die probleme wat ’n impak het op Eskom.
Bronne: IOL, Jacaranda FM, SABC, The Citizen
Lees ook: PRHSA dreig met regsaksie oor PDF van De Ruyter se boek op WhatsApp versprei word



