Lees ook: SAPD ondersoek Johannesburg-brand
Gayton Mackenzie het gesê “onwettige immigrante” moet gedeporteer word na die lande waarvandaan hulle kom om te keer dat ‘n ramp soos die Johannesburg-brand weer gebeur.
Dit volg na president Cyril Ramaphosa verlede week gesê het dié wat deur die Johannesburg-brand geraak is hulp van die regering in die vorm van berading, hospitalisering, akkomodasie, kos, klere en ander nodige dienste sal ontvang.
Mackenzie het vertel hulle moes verlede maand op George twee families help wie se huise afgebrand het sonder dat die regering inspring, maar nou gee die regering die “onwettige immigrante” akkomodasie. Hy het gesê: “Laat die onwettige immigrante huis toe gaan, die is nie hulle huis nie”.
Hy het ook gesê gekaapte geboue moet deursoek word en die mense wat daar bly, moet in hegtenis geneem word.
Bronne: IOL, The Africa, Ghanamma, EWN
Lees ook: SAPD ondersoek Johannesburg-brand



