Nandipha Magudumana sal volgende week hoor oor borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nandipha Magudumana spandeer verjaardag in hof vir borgaansoek

BLOEMFONTEIN. – Nandipha Magudumana sal na verwagting volgende Maandag uitvind of sy op borg vrygelaat sal word.

Magudumana was gister in die hof na haar borgaansoek verlede week begin het, maar nog tyd is nodig vir die staat en verdediging om hulle voorleggings klaar te maak.

Magudumana is in April in hegtenis geneem saam met haar kêrel, Thabo Bester, wat as die “Facebook-verkragter” bekend is.

Magudumana het gesê Bester het haar ontvoer en gedwing om die land te verlaat, maar die staat het haar storie verwerp. Die staat het gesê sy gee nie om oor die gereg en wette nie en sal waarskynlik vlug as sy borg toegestaan word.

Bronne: IOL, EWN, SABC, The Africa

Lees ook: Nandipha Magudumana spandeer verjaardag in hof vir borgaansoek