‘Siek en moeë’ polisiebeampte getuig weer in Senzo Meyiwa-moordsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tradisionele geneser getuig in Senzo Meyiwa-moordsaak

PRETORIA. – AO Thabo Mosia sal vandag weer in die Senzo Meyiwa-moordsaak getuig om teenstrydighede op te klaar.

Mosia het verlede keer gesê hy is “siek en moeg” van getuig, want hy ly aan ‘n chroniese siekte en getuig al lank. Die verdediging het gevra hy moet weer getuig oor teenstrydighede in sy getuienis en oor ‘n notaboek.

Mosia was een van die eerste polisiebeamptes op die Meyiwa-moordtoneel. Mosia het getuig hy het 06:00 die volgende oggend teruggegaan na die moordtoneel, maar in sy notaboek het hy geskryf hy was 10:25 eers weer daar.

Meyiwa is in 2014 by sy meisie Kelly Khumalo se huis doodgeskiet in ‘n beweerde roof. Vyf mans word vir sy moord verhoor.

Bronne: IOL, EWN, SABC

Lees ook: Tradisionele geneser getuig in Senzo Meyiwa-moordsaak