PIETERMARITZBURG, KZN. – Twee sebras is onderskeidelik op Donderdag 31 Augustus in die Lions Park-area gestroop terwyl nog ‘n voorval het op 23 Augustus in Bisley-natuurreservaat plaasgevind.
Mi7 National Group sê op 31 Augustus het ‘n persoon glo gesien hoe ‘n sebra deur drie verdagtes afgeslag word en dit aangemeld.
Alhoewel die booswigte gevlug het, het reaksiebeamptes die karkas in bosse gevind. Die polisie het op ‘n voertuig wat vermoedelik deur die stropers gebruik was beslag gelê en die karkas is verwyder. Die saak word ondersoek.
In nog ‘n geval het ‘n reaksiebeampte wat patrolliedienste verrig het gesien hoe ‘n man in die Bisley-area ‘n karkas afslag. ‘n Inkopiewaentjie met onder meer oorblyfsels van ‘n dier en ‘n groot vleismes is naby hom gevind. Reaksiebeamptes het die man genader wat erken het hy het die sebra in die Bisley-natuurreservaat gestroop voordat hy dit afgeslag en opgesny het. Die reservaat en die polisie is gekontak, waarna die vermeende stroper in hegtenis geneem is.
Bron: Mi7 National Group
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



