SAPD ondersoek Johannesburg-brand

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand

JOHANNESBURG. – Die polisie is besig om die oorsaak van die brand te ondersoek wat gister in die Johannesburg-sakekern in die vyfverdiepinggebou op die hoek van Albert- en Delversstraat uitgebreek het.

Altesaam 73 mense se liggame is reeds gevind en 55 is in hospitale opgeneem. Sewe kinders is dood in die brand. Mense is steeds op soek na hulle geliefdes en die president, Cyril Ramaphosa, het dit as ’n tragedie beskryf.

Owerhede het gesê meer as 80 shacks was in die gebou ongerig en die brand het vinnig versprei as gevolg van die materiaal wat gebruik is om die shacks te bou.

Daar was kritiek oor die gebou wat in ’n informele nedersetting verander is, maar die polisie het gesê hulle kan slegs by dié geboue ingaan wat onwettig beset word as die munisipaliteit dit onleefbaar verklaar.

Bronne: eNCA, The Citizen, Algoa FM

Lees ook: Reeds 73 mense dood in Johannesburg-brand