Lees ook: Dodetal in Johannesburg-brand styg
JOHANNESBURG. – Die dodetal in die brand in die Johannesburgse middestad het tot 73 gestyg. Sewe kinders het reeds in die brand omgekom.
Volgens noodspanne sal die dodetal waarskynlik nog styg soos hulle deur die gebou beweeg. Daar was glo minstens 200 mense in die vyfverdiepinggebou op die hoek van Albert- en Delversstraat.
Dit is nog onbekend wat die brand veroorsaak het.
Bronne: EWN, IOL, ECR
Lees ook: Dodetal in Johannesburg-brand styg



