Dodetal in Johannesburg-brand styg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Minstens 50 dood in Johannesburg-brand

JOHANNESBURG. – Die dodetal in die brand wat in die vyfverdiepinggebou op die hoek van Albert- en Delversstraat in die Johannesburgse middestad uitgebreek het, het reeds 64 lewens geëis. Sover is 43 beseerdes getel.

Die oorsaak van die brand is tot dusver onbekend. Brandbestryders is op die toneel. Die dodetal sal na verwagting styg soos noodpersoneel deur die gebou beweeg en op nog liggame afkom.

Daar was glo gisteraand ‘n aardbewing van 2.7 op die Richterskaal in Johannesburg.

Bronne: IOL, Jacaranda FM, Daily Maverick

Lees ook: Minstens 50 dood in Johannesburg-brand