Minstens 50 dood in Johannesburg-brand

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Oorsaak van dood in Senzo Meyiwa-saak in hof bespreek

JOHANNESBURG. – Minstens 50 mense is dood in ’n brand by ’n gebou in die Johannesburgse middestad. Die vyfverdieping- Osindiso gebou in Albertstraat het vanoggend aan die brand geraak.

Brandbestryders is steeds op die toneel op soek na oorlewendes en liggame. EMS se woordvoerder het gesê die dodetal sal waarskynlik styg soos hulle deur die gebou beweeg en nog liggame gevind word.

Die oorsaak van die brand is sover onbekend.

Bronne: EWN, DW – South Africa, Metro

Lees ook: Oorsaak van dood in Senzo Meyiwa-saak in hof bespreek