Ace Magashule begin eie politieke party

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ANC skors Ace Magashule

Ace Magashule, voormalige lid van die ANC, het gister die vorming van sy nuwe politieke party genaamd African Congress for Transformation (ACT) aangekondig.

Hy het die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, en ’n paar ANC-raadslede oortuig om by sy party aan te sluit.

Magashule het die ANC daarvan beskuldig dat hulle sommige van hulle kernwaardes verlaat het. Hy het ook gesê sy party sal ’n alternatief teen die ANC wees.

Magashule is in Junie geskors uit die ANC na hy nie kon verduidelik hoekom sy lidmaatskap nie onttrek moet word nie.

Bronne: EWN. Daily Maverick, News24, Jacaranda FM

Lees ook: ANC skors Ace Magashule