MANKWENG, LIMPOPO. – ‘n Ethiopiese burger (41) is Woensdag 30 Augustus 2023 by Mankweng-landdroshof in hegtenis geneem nadat hy glo probeer het om ‘n onwrikbare immigrasiebeampte om te koop.
Kol. Malesela Ledwaba sê die verdagte het na bewering die immigrasiebeampte by die hof genader en hom R30 000 aangebied sodat ‘n deportasiekennisgewing vir ‘n persoon wat reeds in aanhouding is nie ingedien moet word nie en daar ook nie tydens ‘n borgaansoek getuienis gelewer moet word nie.
Die immigrasiebeampte het dadelik die insident aan die teen-korrupsie-eenheid rapporteer. Nadat ‘n bedrag van R8 000 aan die immigrasiebeampte oorhandig is, het die inhegtenisneming plaasgevind..
Die verdagte sal na verwagting vandag op ‘n aanklag van korrupsie in die Mankweng-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



