Lees ook: Senzo Meyiwa-verhoor gaan voort met nuwe getuies
PRETORIA. – ’n Patoloog is gister gevra om in die Senzo Meyiwa-verhoor te getuig oor die oorsaak van sy dood en die feit dat daar nie baie bloed op die moordtoneel was nie.
Dr. Johannes Steenekamp het aan die hof gesê die vuurwapen wat gebruik is om Meyiwa te vermoor, is teen sy bors gedruk. Hy het getuig dit het sekondes of slegs minute geduur vir Meyiwa om te sterf.
Die prokureur vir beskuldigde nommer vier het gevra of ’n bloedspoor agtergelaat sou wees soos Meyiwa by die huis uitgedra is. Steenekamp het gesê daar sou min bloed wees, want Meyiwa se bloeding was inwendig.
Die verhoor gaan vandag voort. Meyiwa is in 2014 in sy meisie, Kelly Khumalo, se huis doodgeskiet in Vosloorus in ’n beweerde roof. Vyf mans word vir sy moord verhoor.
Bronne: EWN, The Citizen, Jacaranda FM



