Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak kan van moord aangekla word
WYNBERG. – Die vyf verdagtes wat beskuldig word daarvan dat hulle die vermiste Duitse toeris Nick Frischke beroof het, sal vandag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Die saak was Dinsdag op die hofrol. Die verdagtes het deur ’n videoskakel uit die Pollsmoor-gevangenis “verskyn”. Die saak is tot vandag uitgestel omdat 43 onbeantwoorde vrae nog deur ondersoekers ondersoek moet word.
Die staat wil die verdagtes aankla van moord, maar Frischke se liggaam is steeds weg. Die saak moet nog ondersoek doen om vas te stel of hulle die verdagtes van moord kan aankla. Die verdagtes word tans aangekla van roof met verswarende omstandighede en die besit van gesteelde goedere.
Die ondersoekbeampte gaan na verwagting vandag getuig oor waarom hulle nog tyd nodig het om die saak te ondersoek. Frischke het op 14 Februarie vanjaar verdwyn toe hy alleen op Hangberg in Houtbaai gaan stap het.
Bronne: Cape Town ETC., EWN, Swisher Post
Lees ook: Verdagtes in Nick Frischke-saak kan van moord aangekla word



