Lees ook: Saak teen verdagtes in Nick Frischke-saak uitgestel
Die vyf verdagtes aangekla dat hulle die vermiste Duitse toeris Nick Frischke beroof het, kan moontlik van sy moord aangekla word.
Dis volgens die NPA-woordvoerder Eric Ntabazalila wat gesê het die saak is uitgestel om te besluit of die verdagtes van moord aangekla kan word.
Nick Frischke het op 14 Februarie alleen in die Hangbergpas gaan stap toe hy glo deur die verdagtes beroof is. Hy is nog nie weer gesien nie en dit is onbekend wat met hom gebeur het.
Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin het Vrydag virtueel in die Wynberg-landdroshof verskyn vanuit die Pollsmoor-gevangenis.
Die saak is tot 29 Augustus uitgestel.
Bronne: IOL, News24, Cape Town ETC
Lees ook: Saak teen verdagtes in Nick Frischke-saak uitgestel



