Saak teen verdagtes in Nick Frischke-saak uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nick Frischke-saak weer uitgestel

Die saak teen die vyf mans wat in besit gevind is met die vermiste Duitse toeris Nick Frischke se besittings is weer uitgestel.

Nick Frischke is laas op 14 Februarie 2023 gesien toe hy by ‘n winkel by die V&A Waterfront ingegaan het. Hy het glo daarna op die Hangbergpas in Houtbaai gaan stap en is nie weer gesien nie.

Die staat het gesê hulle het tyd nodig om ‘n saak van moord teen die vyf verdagtes wat Nick Frischke glo op die Hangbergpas beroof het, voor te berei. Die verdagtes is in besit gevind met sy besittings, insluitend sy selfoon en rugsak.

Die vyf word sover aangekla van roof met verswarende omstandighede en die besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie.

Die saak is uitgestel tot 29 Augustus vir verdere ondersoek.

Bronne: EWN, News24

Lees ook: Nick Frischke-saak weer uitgestel