Lees ook: Verhoor van verdagtes in Nick Frischke-saak uitgestel
Die saak teen die verdagtes wat voorheen erken het hulle het die vermiste Duitse toeris, Nick Frischke beroof, is weer gister uitgestel.
Die verdagtes het gister in die Wynberg-landdroshof verskyn na hulle in besit van Nick Frischke se besittings gevind is. Hulle het erken hulle het hom op 14 Februarie in Houtbaai beroof, maar het ontken dat hulle enigiets te doen het met sy verdwyning.
Nick is laas by die V&A Waterfront gesien waar hy by ‘n winkel ingegaan het.
Die saak is tot 28 Julie uitgestel.
Nick se familie het ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy aangestel om te help met die ondersoek rondom sy verdwyning. ‘n Beloning van R20 000 is beskikbaar gestel vir inligting aangaande sy verdwyning.
Bronne: Eyewitness News, Head Topics, Cape Town ETC
Lees ook: Verhoor van verdagtes in Nick Frischke-saak uitgestel



