Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die verhoor van die vyf verdagtes wat glo die vermiste toeris Nick Friscke beroof het, is uitgestel.
Volgens die staat is daar nie genoeg bewyse beskikbaar om aan te gaan met die saak nie.
Die groep het gister virtueel in die Wynberg-landdroshof verskyn. Nick Frischke, wat die week 23 jaar oud geword het, het op 15 Februarie vermis geraak.
Hy is laas op 14 Februarie gesien waar hy by ‘n winkel in die V & A Waterfront ingegaan het.
Die verdagtes het erken hulle het hom beroof toe hy in die Hangbergpas, Houtbaai gestap het, maar het gesê hulle het hom nie beseer nie. Sy besittings, insluitend sy rugsak en selfoon, is in sy besit gevind.
Die saak is tot 11 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.
Bronne: EWN, News24, IOL
Lees ook: Kaapstad-polisie vra inligting oor vermiste Nick Frischke



