Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die Kaapstad-polisie het gevra enigiemand met inligting oor Nick Frischke, die Duitse toeris wat op 15 Februarie vermis geraak het, moet na vore kom.
Frischke is die laaste keer gesien by die V & A Waterfront op 15 Februarie waar hy by ‘n winkel ingegaan het.
Vyf verdagtes wat met Frischke se besittings gevind is, sal vandag weer in die Wynberg-landdroshof verskyn. Hulle het Frischke glo beroof toe hy in die Hangbergpas in Houtbaai gaan stap het.
Frischke se familie het Action Society genader vir hulp om hom op te spoor.
Bronne: EWN, 15 Minute News, HeadTopics, VN Explorer
Lees ook: Nick Frischke se familie vra Action Society vir hulp



