Nick Frischke se familie vra Action Society vir hulp

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Beloning word aangebied vir inligting aangaande vermiste toeris Nick Frischke

Nick Frischke se familie het die burgerregteorganisasie Action Society gevra om hom te help soek.

Dit volg na die familie ‘n beloning van R20 000 in April aangebied het vir enigiemand wat inligting kan bied oor waar hy is. Die familie het ook glo gesê die polisie is stil oor hulle ondersoek.

Nick Frischke, ‘n Duitse toeris, is laas op 14 Februarie by ‘n winkel in die V&A Waterfront in Kaapstad gesien in ‘n blou denim kortbroek, beige T-hemp en wit tekkies.

Vyf mans is in hegtenis geneem na Frishcke se besittings in hulle besit gevind is. Die mans het erken hulle het hom beroof toe hy besig was om in Houtbaai te stap. Hulle sal weer Donderdag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Bronne: Cape Town ETC, News24, IOLL

Lees ook: Beloning word aangebied vir inligting aangaande vermiste toeris Nick Frischke