Lees ook: Nick Frischke na ’n maand steeds vermis
’n Beloning word aangebied vir inligting oor die vermiste Duitse toeris Nick Frischke wat in Februarie as vermis aangemeld is.
Die beloning is aangebied deur ’n anonieme skenker van Hangberg wat self ’n pa is en hoop dat die beloning sal help om Frischke te kry.
Frischke se besittings is gevind by vyf mans van Hangberg wat glo erken het hulle het hom beroof en gesteek.
Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin is aangekla van roof met verswarende omstandighede.
Die verdagtes sal weer op 4 Mei in die Wynberg-landdroshof verskyn.
Die polisie het gesê Frischke se verdwyning word nog ondersoek en daar is geen nuwe verwikkelinge nie.
Bronne: IOL, VN Explorer
Lees ook: Nick Frischke na ’n maand steeds vermis



