Nick Frischke na ’n maand steeds vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Saak van mans wat glo Nick Frischke beroof het, uitgestel

Nick Frischke, die Duitse toeris wat laas gesien is op die Karbonkelberg-staproete in Houtbaai, is steeds vermis.

Frischke (22) was die laaste keer in kontak met sy familie op 15 Februarie. Hulle het die owerhede gekontak toe hulle hom daarna nie in die hande kon kry nie.

Vyf mans is sedertdien in hegtenis geneem en verskyn weer op 4 Mei in die Wynberg-landdroshof.

Die mans is aangekla van roof met verswarende omstandighede nadat Frischke se besittings dae na sy verdwyning in hulle besit gevind is.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Saak van mans wat glo Nick Frischke beroof het, uitgestel