Saak van mans wat glo Nick Frischke beroof het, uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagtes in besit gevind van Nick Frischke se besittings terug in hof

Die vyf mans van Hangberg wat in hegtenis geneem is vir die besit van gesteelde goedere wat aan die vermiste Duitse toeris Nick Frischke behoort het, het Maandag in die Wynberg-landdroshof voorgekom.

Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin, en Melvin Guenantin word aangekla van roof met verswarende omstandighede.

Frischke se rugsak, selfoon, kredietkaart en ID asook ’n mes is omtrent ’n week na die student tydens ‘n staptog verdwyn het in die mans se besit gevind.

Die soektog na Nick Frischke is eers uitgestel tot nuwe inligting bekom kan word.

Die saak is tot 4 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Bronne: IOL, Daily Maverick, News24     

Lees ook: Verdagtes in besit gevind van Nick Frischke se besittings terug in hof