Ramaphosa glo nie van plan om korrupsie by Eskom te ondersoek nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: André de Ruyter getuig volgende week voor parlement

President Cyril Ramaphosa het glo gesê hy sien geen rede vir ‘n gesprek met sy sekuriteitsraadgewer, Sydney Mufamadi, of minister Pravin Gordhan oor die twee ministers wat glo betrokke was by korrupsie in Eskom nie.

Hy het die DA se parlementêre vraag geantwoord deur te sê André de Ruyter moes die korrupsie aangemeld het. Ramaphosa het ook gesê daar gaan nie ‘n ondersoek aangaande die aantygings wees nie.

De Ruyter gaan volgende week virtueel getuig voor die parlement oor aantygings wat hy tydens ‘n televisie-onderhoud gemaak het.

Bronne: DA, News24, Politicsweb, Head Topics

Lees ook: André de Ruyter getuig volgende week voor parlement