Veroordeelde plaasmoordenaar swaar op sewe aanklagte gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Die veroordeelde plaasmoordenaar, Lazarus Justice Mohapi (28), het op 17 Augustus 2019 die boer Simon Malebane aangeval toe hy by sy plaas in Radium, Bela-Bela (Warmbad) in Limpopo wou ingaan.

Hierna het hy Malebane brutaal aangerand en doodgemaak, waarna hy ook ‘n werker genaamd Daniel Leburu aangerand en doodgemaak het.

‘n Soektog na die verdagte is deur speurders van Bela-Bela geloods waarna Mohapi na drie dae in hegtenis geneem is.

Kapt. Dana Smith het onverpoosd gewerk om seker te maak die beskuldigde word lewenslank toegesluit.

Mohapi is skuldig bevind aan twee klagtes van moord, sameswering om te roof, roof met verswarende omstandighede, onwettige besit van ‘n vuurwapen, onwettige besit van ammunusie en die oortreding van die immigrasiewet.

Die volgende vonnisse is Woensdag 19 April 2023 in die Limpo-o divisie van die hooggeregshof in Polokwane aan Mohapi opgelê:

Hy moet twee lewensvonnisse en ‘n gekombineerde 48 jaar uitdien.

Die vonnisse is soos volg opgelê:

Klag 1: 10 jaar gevangenisstraf
Klag 2: Lewenslange gevangenisstraf
Klag 3: Lewenslange gevangenisstraf
Klag 4: 15 jaar gevangenisstraf
Klag 5: 15 jaar gevangenisstraf
Klag 06: 5 jaar gevangenisstraf
Klag 07: 3 jaar gevangenisstraf

Die hof het beveel dat vonnisse van klag 1, 3, 4, 5, 6, en 7 gelyktydig met die vonnis van klag 2 uitgedien word. Sy effektiewe vonnis is lewenslange tronkstraf.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris van Limpopo, het die vonnis verwelkom.

The court ordered that the sentence in Count 01, 03, 04, 05, 06, and 07 shall run concurrently with the sentence in Count 02. Effective sentence is Life Imprisonment.

“This sentence should send a clear message to other criminals that police will always be relentless when pursuing perpetrators of gruesome crimes and make sure they face full might of the law.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel