Man beskuldig van kaping laat vaar borgaansoek       

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: KZN-polisie sal mense ingelig hou oor AKA-saak, vra vir geduld

Sphamandla Ngcobo was die week vir die derde keer in die Durbanse landdroshof. Hy word aangekla van roof met verswarende omstandighede.

Daar sou ‘n uitkenningsparade wees, maar daar was nie genoeg mense nie en gevolglik het Ngcobo sy borgaansoek tydelik laat vaar.

Ngcobo word daarvan beskuldig dat hy ‘n wit Mercedes-Benz op 7 Januarie vanjaar naby die Joe Cools-pub in Durban gesteel het. Daar was onbevestigde gerugte dat die voertuig gebruik is deur die verdagtes in die moord op Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane. Ngcobo is in Kaapstad in hegtenis geneem.

Die saak is uitgestel tot 4 Mei vir ‘n uitkenningsparade.

Bronne: TimesLIVE, VN Explorer, HeadTopics, Sowetan LIVE

Lees ook: Swart egpaar beskuldig Polokwane vakansie-oord van rassisme