Lees ook: Ses mans in Kaapstad doodgeskiet
‘n Vakansie-oord in Limpopo word beskuldig van rassisme deur ‘n egpaar wat oor Paasnaweek daar was.
Mapula Sehlako het aan The Star vertel sy en haar man, met hulle twee kinders, het die dag voor Goeie Vrydag by die vakansie-oord aangekom. Sy het vertel dat alles in Afrikaans was en selfs toe sy die bespreking maak, moes sy hulle vra om Engels te praat.
Sy is glo aangesê dat alle aktiwiteite by die oord in Afrikaans gaan wees omdat dit die taal is wat die meeste mense daar praat.
Sy het vertel dat die man wat ‘n opvoering gedoen het in Afrikaans gebid het en toe sy by hom daaroor gaan kla het, het hy glo gesê dis nie hulle probleem nie en hy het gesê daar is niks wat hy daaraan kan doen as hulle nie verstaan nie.
Sy het ook gesê toe die mense in die swembad die gesprek hoor, het hulle saamgestem en glo gevra: “Wat soek hulle hier?”
Sehlako het gesê die bestuurder het gesê die oord moet die Afrikaanse kultuur en taal voorhou toe sy gaan kla en haar geld teruggevra het.
Sy het vertel dat hulle op Goeie Vrydag teruggery het Johannesburg toe.
Bronne: IOL, My Broadband, Ghanamma, VN Explorer
Lees ook: Ses mans in Kaapstad doodgeskiet



