Lees ook: EFF kritiseer NPA, SAPS vir terugtrek van aanklagtes teen moordbeskuldigdes in Hillary Gardee-saak
Drie werknemers van Absa-bank het 15 jaar tronkstraf gekry na hulle JSE en Samancor bedrieg het uit meer as R190 miljoen.
Dimakatso Prudence Ramakgole (34), Seatile Pauline Senoamadi (44) en Motsiri Peter Ramahlarerwa (58) is die week in die Mokopane-streekshof in Limpopo skuldig bevind.
Tydens die verhoor is dit ontdek dat hulle in hulle kapasiteit as Absa-werknemers in Limpopo en Gauteng toegang verkry het tot die portfolio’s van JSE Trustees en die Samancor Foundation sonder toestemming. Sodoende het hulle geld uit die rekeninge onttrek en veranderinge gemaak.
Absa moes altesaam R191 108 910.46 aan JSE en Samancor betaal.
Bronne: IOL, TimesLIVE, News24
Lees ook: EFF kritiseer NPA, SAPS vir terugtrek van aanklagtes teen moordbeskuldigdes in Hillary Gardee-saak



