‘n Man (20) is Donderdagoggend met ‘n onverklaarbare kopwond in ‘n huis ontdek nadat nooddienste uitgeroep is na dié huis.
Die man is in Ocean Ridge-rylaan in Trenance Park, KwaZulu-Natal, op ‘n bank in die huis aangetref.
Reaction Unit South Africa sê die man het deurmekaar voorgekom toe hulle daar aankom. Hy het ‘n steekwond aan sy regterslaap gehad en is op die toneel gestabiliseer voordat hy in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal vervoer is.
Volgens sy familie was hy half-bewusteloos in sy kamer gevind. Hy was deurmekaar en het erg gebloei.
Sy suster (29) en sy ma (55) was saam met hom by die huis, maar kon geen verduideliking gee oor wat met hom gebeur het nie.
Hulle het wel aan die beamptes genoem dat hy en van sy vriende onlangs in ‘n woordewisseling aangaande ‘n selfoon en ander probleme betrokke was, waarna hy depressief voorgekom het.
Daar kan egter nie bevestig word of die twee insidente met mekaar verband hou nie.
Met ondersoek is daar geen geforseerde toegang tot die huis gevind nie, maar die hoofhek was oop.
Beamptes het wel ‘n bebloede kussing en ‘n mes in die kombuiswasbak gevind.
Die ondersoek duur voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



