Kan jy jou ‘n lewe sonder Tupperware indink?

Deel hierdie storie / Share this story

Tupperware is vir die afgelope 77 jaar deel van daaglikse huislike gebruik, maar die maatskappy, wat in die VSA gesetel is, is tans in die moeilikheid.

Earl Tupper het vir menige huispartytjies gesorg waar die gesogte produkte deur omtrent elke huishouding aangeskaf is. Tupperware is sedert 1964 in Suid-Afrika.

The Guardian berig dat aandele van die maatskappy met 50 % geval het en dat die maatskappy die gevaar loop om deur die aandelemark ongelys te word.

Die maatskappy is genoodsaak om noodfondse te verseker om met hulle daaglikse besigheid te kan aangaan.

Hierdie nuus is met hul beleggers gedeel.

Die maatskappy sê hul verkope het met 95% geval omdat hul innoverende kompetisie deur TikTok en Instagram aan ‘n jonger mark adverteer.

Die New Yorkse aandelebeurs het bevestig dat die maatskappy nie hul jaarlikse verslag ingedien het nie.

Suid-Afrika hoef egter nie bekommerd te wees nie. Lees hier:

Good morning family, friends and all customers.

Please note that the news, about Tupperware closing down, does not apply to us, in SA.

We have our own factory and are doing business as usual.

PLEASE CONTINUE TO SUPPORT US by buying our fantastic, 100% BPA FREE, products and save our planet.

THANK YOU FOR BEING OUR LOYAL CUSTOMERS AND SUPPORT.

WE APPRECIATE YOU.

Marilyn Joseph and the Sovereign Stars team.

Bronne: The Guardian, CNN en westernstandard.news

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel