Twee kinders, onderskeidelik vyf en ses jaar oud, wat Woensdagaand 19 April 2023 vermis geraak het, se verminkte liggame is Donderdagoggend op twee verskillende plekke in Soweto, Gauteng, gevind.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê die een se liggaam is in White City en die ander in Rockville gevind.
Beide is Woensdagaand by Moroka-polisiestasie as vermis aangemeld.
‘n Soekspan met verskeie rolspelers is geaktiveer om na die kinders te soek. Hulle lewelose liggame is vanoggend gevind.
Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale kommissaris van Gauteng, het die grusame moorde veroordeel:
“It is so disheartening and disgraceful to see such little innocent lives being lost in this hideous manner. It cannot be that no one saw or heard nothing. We are appealing to anyone who may have information about this incident to please report to the police.”
Kontak Stop Misdaad by 08600 10111 indien jy inligting het of maak van die MySAPS-toepassing gebruik.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



