Lees ook: Uitspraak in Gerhard Ackerman-saak uitgestel tot Maandag
Vier gewapende mans het glo by ‘n hospitaal se raadskamer ingegaan waar die dokters besig was met ‘n vergadering, hulle gewere op hulle gerig en hulle beroof.
Die departement van gesondheid se woordvoerder het gesê dat die sekuriteitsmaatskappy ondervra is oor hoe gewapende mans by die hospitaal kon ingaan. Hulle het gesê almal word deursoek wanneer hulle ingaan, maar hulle weet nie hoe die mans toegang tot die raadskamer verkry het nie.
Een van die mans is op die hospitaalperseel in hegtenis geneem. Die polisie ondersoek die voorval.
Bronne: TimesLIVE, Sowetan Live, The World News
Lees ook: Uitspraak in Gerhard Ackerman-saak uitgestel tot Maandag



