Vrou en baba dood gevind – man gesoek om met ondersoek te help

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggame van Ratiso Dhlengwayo (22) en Progress Mhofu (3 mnde.) is Sondag 16 April 2023 ongeveer 12:15 in Katanga deur bure gevind.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Welkom-polisie is op soek na ‘n man wat moontlik met die ondersoek van die moord op sy vrou en baba kan help. Hy was nêrens te vinde nie.

Beide se liggame is reeds uitgeken.

Die polisie ondersoek twee moordklagtes. Enigiemand met inligting kan met sers. Modupe Thekiso van Welkom se eenheid vir ernstige en gewelddadige misdade by 083 929 8149 kontak maak.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of inligting kan deur die MySAPS-toepassing ingedien word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel