Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het gesê die regering het nog geen uitleweringsversoek van Duitse owerhede aangaande Markus Jooste ontvang nie.
Dit volg na die Oldenberg-streekshof ’n lasbrief vir die inhegtenisneming van Markus Jooste, die voormalige hoof van Steinhoff, uitgereik het na hy nie in die hof verskyn het vir die begin van sy bedrogverhoor nie.
Sy prokureur het aangevoer Jooste kon nie reis nie, want sy paspoort was weg. Sy prokureur het ook gesê hy is van plan om die lasbrief teen te staan, maar dit gaan dalk onnodig wees, aangesien Suid-Afrika nie ’n uitleweringsooreenkoms met Duitsland het nie.
Bronne: EWN, The Citizen, VN Explorer
Lees ook: Duitsland reik lasbrief uit vir Markus Jooste se inhegtenisneming



